2 Korinthiërs 6:4-10

2 Korinthiërs 6:4-10 AFR20

Maar in alles beveel ons onsself aan as dienaars van God, met groot uithouvermoë: in verdrukkings, in ontberings, in benoudhede; geslaan, in tronke gegooi, in oproere en in swaar arbeid, in slaaploosheid en honger; met eerbaarheid, begrip, verdraagsaamheid en vriendelikheid, in die Heilige Gees, en met ongeveinsde liefde; met die woord van die waarheid, met die krag van God, met die wapens van •geregtigheid vir die regterhand en die linkerhand; te midde van eer en oneer, te midde van laster en lof, as misleiers, wat tog opreg is; as onbekendes, en tog goed bekend, as sterwendes – maar kyk, ons leef; as gekastydes, wat tog nie doodgemaak word nie; as bedroefdes, maar altyd blymoedig, as armes, maar wat baie ander mense ryk maak, as mense wat niks het nie, en tog alles besit.

Video vir 2 Korinthiërs 6:4-10