Die HERE was toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, en hom juis oor hierdie saak beveel het om nie ander gode te volg nie. Hy het egter nie nagekom wat die HERE beveel het nie. Toe sê die HERE vir Salomo: “Omdat jy hiervan bewus was, en jy nie my verbond en my vaste voorskrifte wat Ek jou beveel het, nagekom het nie, sal Ek beslis die koningskap van jou afskeur en dit vir jou dienaar gee. In jou leeftyd sal Ek dit egter nie doen nie, ter wille van jou vader Dawid. Uit jou seun se hand sal ek dit wegskeur. Die hele koninkryk sal Ek egter nie wegskeur nie. Een stam sal Ek vir jou seun gee, ter wille van Dawid, my dienskneg, en ter wille van Jerusalem, wat Ek gekies het. ”
Lees 1 Konings 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 11:9-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's