Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet baie bly wees en juig, want dit is julle koning wat nou na julle toe kom. Hy is regverdig, en Ek help hom altyd. Hy is nie 'n belangrike man nie, en hy ry op 'n jong donkie. Ek sal die oorlogkarre verwoes en die perde doodmaak. Ek sal die pyl en boog stukkend breek, die mense van Efraim en Jerusalem maak oorlog daarmee. Dan sal die koning vrede maak met die ander volke. Hy sal oor hulle regeer, van die een see tot by die ander see, van die Eufraat-rivier en verder, oor die hele aarde.” Die Here sê ook: “My volk, Ek het 'n verbond gemaak met julle en bloed op julle gegooi. Daarom sal Ek julle mense nou terugstuur. Ander volke het hulle gevang en na ander lande gevat en hulle in putte gegooi wat leeg is. Ek sal hulle nou terugstuur na julle toe.
Lees Sagaria 9
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Sagaria 9:9-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's