Titus 3:8-11

Titus 3:8-11 ABA

Wat ek nou gesê het, is waar. Ek wil hê jy moet vir die mense wat in God glo, duidelik sê dat hulle hard moet probeer om goeie dinge te doen. Al hierdie dinge is mooi en goed vir die mense. Julle moenie soos dwase met ander mense stry en spog oor wie julle voorouers was nie. Julle moet ook nie oor wette twis nie, want wanneer julle dit doen, sal julle niemand help nie, dit beteken niks. Wanneer iemand mense laat twis met mekaar, dan moet jy vir hom sê hy moet ophou om dit te doen, en as hy nie luister nie, dan moet jy dit weer vir hom sê. As hy dán ook nie luister nie, dan moet jy hom heeltemal los. Jy weet dat iemand wat nie wil luister nie, heeltemal deurmekaar is. Sy sondes wys dat hy skuldig is wanneer God hom oordeel.