Titus 1:9-14

Titus 1:9-14 ABA

'n Ouderling moet aanhou om die boodskap te glo, die boodskap wat waar is en wat dieselfde is as die boodskap wat die apostels vir hom geleer het. Dan sal hy vir mense kan bemoedig. En wanneer mense ander dinge sê as die dinge wat ons vir hulle geleer het, dan sal hy ook vir hulle kan sê dat hulle verkeerd is. Daar is baie mense wat opstandig is, hulle praat oor dinge wat niks beteken nie en hulle wil hê die mense moet dit glo. Baie van die mense wat so praat, is Jode wat nou in Christus glo. Jy moet hulle keer sodat hulle nie daardie verkeerde stories vertel nie. Want wanneer hulle vir mense dinge leer wat hulle nie vir hulle moet leer nie, dan maak hulle die mense in party huisgesinne heeltemal deurmekaar, mense wat in Christus glo. Hulle doen hierdie dinge om geld te kry, en dit is 'n skande. Een van die mense van Kreta het soos 'n profeet gepraat. Hy het gesê: Die mense van Kreta lieg altyd, hulle is soos gevaarlike diere, hulle wil altyd eet en hulle is lui. Hierdie man het die waarheid gepraat. Daarom moet jy reguit vir hulle sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit doen sodat hulle die regte dinge kan glo. Hulle moet ophou om te luister na die Jode se stories wat nie waar is nie. Hulle moet ook nie luister na ander mense wat vir hulle sê wat hulle moet doen nie. Hulle moet ophou om te luister na daardie mense, want dit is mense wat self nie meer wil luister na die waarheid nie.

Video vir Titus 1:9-14

Gratis leesplanne en oordenkings oor Titus 1:9-14