'n Ouderling werk vir God, daarom moet niemand oor hom kan praat en sê dat hy verkeerde dinge doen nie. Hy moenie dink dat hy beter is as ander mense nie, hy moenie gou kwaad word nie, hy moenie te veel drink en dan dronk word nie, hy moenie daarvan hou om te baklei nie, en hy moenie altyd meer goed wil hê nie. Nee, hy moet goed wees vir vreemdelinge, hy moet daarvan hou om goeie dinge te doen, hy moet weet hoe om reg te lewe, hy moet doen wat reg is, hy moet aan God gewy wees en hy moenie sy humeur verloor en kwaad word nie. 'n Ouderling moet aanhou om die boodskap te glo, die boodskap wat waar is en wat dieselfde is as die boodskap wat die apostels vir hom geleer het. Dan sal hy vir mense kan bemoedig. En wanneer mense ander dinge sê as die dinge wat ons vir hulle geleer het, dan sal hy ook vir hulle kan sê dat hulle verkeerd is.
Lees Titus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Titus 1:7-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's