Boas sê toe vir Rut: “Dogter, luister, jy moenie in 'n ander garsland gaan are optel nie. Jy moet ook nie hier weggaan nie. Bly naby die vroue wat vir my werk. Kyk waar hulle die gars afsny en loop agter hulle. Ek het vir my slawe gesê hulle moenie vir jou pla nie. En jy kan water gaan drink uit die kruike wat my slawe volgemaak het.” Rut het laag op die grond gebuig en sy het vir Boas gesê: “Hoekom is jy so vriendelik met my? Hoekom praat jy met my? Ek kom uit 'n ander land.” Toe sê Boas vir Rut: “Die mense het vir my alles vertel, hulle het vir my vertel wat jy vir jou skoonma gedoen het nadat jou man dood is. Ek weet jy het weggegaan van jou ouers en jou land en jou familie en jy het na mense toe gekom wat jy voorheen nie geken het nie. Jy het gekom na die Here, die God van Israel, sodat Hy jou kan beskerm. Ek bid dat die Here goed sal wees vir jou omdat jy dit gedoen het.” Rut het gesê: “Dankie, Meneer, ek is nie een van die vroue wat vir jou werk nie, maar jy is vriendelik met my en jy is goed vir my. Jy sê mooi dinge vir my.”
Lees Rut 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rut 2:8-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's