Is dit belangrik dat iemand 'n Jood is of dat hy besny is? Ja, dit is baie belangrik. Die belangrikste is dat God met die Jode gepraat het en dat Hy sy woorde vir hulle gegee het. Maar party van die Jode doen nie wat hulle belowe het nie, hulle dien nie vir God nie. Sal God nou ook nie doen wat Hy vir die Jode belowe het nie? Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê, dan is dit reg. Mense wat probeer om vir U te beskuldig, verloor altyd. Party mense sê dat wanneer ons verkeerde dinge doen, dan kan 'n mens beter sien dat God altyd reg doen. Moet ons dan sê God is verkeerd wanneer Hy ons straf? Nee, nooit nie! As dit wat hulle sê, reg is, dan mag God nooit sê mense is verkeerd nie en dan mag Hy hulle nie straf nie. Party mense sê dat wanneer ons leuens vertel, dan kan ander mense beter sien dat God altyd reg doen en dan kan hulle Hom prys. Hulle sê daarom mag God nie sê ons is sondaars nie en daarom mag Hy ons nie straf nie. Maar daardie mense is verkeerd! Daar is mense wat verkeerd van ons praat. Hulle sê ons sê dat ons slegte dinge moet doen sodat daar goeie dinge met ons kan gebeur. Maar hulle praat nie die waarheid nie. God moet hulle straf, en Hy sal dit doen.
Lees Romeine 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 3:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's