Jy sê jy is 'n Jood, jy sê God se wette is vir jou baie belangrik en jy spog en sê God is jou God. Jy weet wat God wil hê jy moet doen, jy weet wat is die regte dinge om te doen, want mense leer vir jou wat die wette sê. Jy dink jy kan ander mense help soos 'n mens iemand help wat blind is of soos 'n mens lig maak vir mense wat in die donker is. Jy dink jy is soos iemand wat vir mense leer, mense wat niks verstaan nie. Jy dink jy is soos 'n onderwyser wat vir kindertjies leer. Jy dink dat alles wat 'n mens moet weet in God se wette is en dat al die waarheid in die wette is, en jy hét daardie wette. Maar jy dink verkeerd. Jy leer vir ander mense, maar jy leer nie vir jouself nie. Jy sê vir ander mense hulle mag nie steel nie, maar jy self steel. Jy sê vir ander mense hulle mag nie egbreuk pleeg nie, maar jy self pleeg egbreuk. Jy sê jy haat afgode, maar jy steel goed uit die afgode se tempels. Jy spog omdat jy God se wette het, maar jy doen nie wat die wette sê nie en so wys jy dat jy nie vir God respekteer nie. Daarom gebeur wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf
Lees Romeine 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 2:17-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's