Romeine 14:5-11

Romeine 14:5-11 ABA

Daar is gelowiges wat dink een dag in die week is belangriker as die ander dae, en daar is ander gelowiges wat dink al die dae in die week is dieselfde. Maar hulle almal moet in hulle harte baie seker wees dat dit wat hulle dink, reg is. Hulle wat dink een dag in die week is belangriker as die ander dae, doen dit om die Here te dien. En die gelowiges wat alles eet, doen dit om die Here te dien, en hulle sê vir God dankie. En die gelowiges wat net groente eet, doen dit om die Here te dien, en hulle sê vir God dankie. Ons lewe nie om onsself te dien nie en ons sterf nie om onsself te dien nie. Wanneer ons lewe, dan lewe ons om die Here te dien. En wanneer ons sterf, dan sterf ons om die Here te dien. Ja, wanneer ons lewe, dan behoort ons aan die Here, en wanneer ons sterf, dan behoort ons aan die Here. Christus het gesterf, en Hy het weer begin lewe sodat Hy kan regeer oor almal, almal wat dood is en almal wat lewe. Jy moenie sê die ander gelowiges doen verkeerd nie. En jy moenie dink die ander gelowiges is onbelangrik nie. Jy moet onthou: God sal ons almal eendag oordeel wanneer ons voor sy regterstoel staan. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is

Video vir Romeine 14:5-11