Romeine 12:17-21

Romeine 12:17-21 ABA

Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie ook slegte dinge aan hulle doen nie. Julle moet goeie dinge doen. Al die mense moet dink dit is goeie dinge. Julle moet baie hard probeer om in vrede te lewe met ander mense. Liewe vriende, wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie self vir hulle straf nie. Julle moet wag, God sal hulle straf, want in die Ou Testament is geskryf: Die Here sê: Dit is Ék wat mense sal straf oor wat hulle verkeerd gedoen het. Maar daar is ook geskryf: Wanneer jou vyande honger is, dan moet jy vir hulle kos gee om te eet, en wanneer hulle dors is, dan moet jy vir hulle iets gee om te drink. As jy dit doen, dan sal hulle baie skaam word, hulle sal nie meer jou vyande wil wees nie. Jy moenie dat slegte dinge jou oorwin nie. Jy moet goeie dinge doen, sodat jý die slegte dinge kan oorwin.

Video vir Romeine 12:17-21