Party mense wat ook aan die Here behoort, het baie min goed. Julle moet van julle goed vir hulle gee. Julle moet vriendelik wees met vreemdelinge. Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle vir die Here vra om goed te wees vir hulle, julle moenie vir Hom vra om hulle te straf nie. Wanneer ander mense bly is, dan moet julle saam met hulle bly wees. Wanneer hulle hartseer is, dan moet julle saam met hulle hartseer wees. Julle moet altyd gereed wees om saam te werk met mekaar. Julle moenie dink dat julle baie belangrik is en dat julle nie by mense kan wees wat nie so belangrik soos julle is nie. Julle moenie dink julle weet alles nie. Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie ook slegte dinge aan hulle doen nie. Julle moet goeie dinge doen. Al die mense moet dink dit is goeie dinge. Julle moet baie hard probeer om in vrede te lewe met ander mense.
Lees Romeine 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 12:13-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's