Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doen wat die wette sê, sal lewe omdat hy dit gedoen het. Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaan na die hemel nie. Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie. Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal afgaan na onder die aarde nie. Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie. Nee, daar is geskryf: Die boodskap van God is naby jou, dit is in jou mond en in jou hart. Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring. As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red. Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf
Lees Romeine 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 10:5-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's