“Jy moet vir die engel van die gemeente in die stad Laodisea skryf: Die Een wat altyd doen wat Hy belowe, praat met jou, Hy wat altyd die waarheid praat en nooit lieg nie. Hy is die belangrikste, Hy laat alles en almal lewe, almal en alles wat God gemaak het. Hy sê: Ek weet alles wat jy doen. Jy is soos lou water, jy is nie koud nie en jy is ook nie warm nie. Ek wens jy was koud of jy was warm. Ja, jy is soos lou water, nie koud nie en ook nie warm nie. Daarom sal Ek jou uit my mond uitspoeg. Jy dink jy is ryk, baie ryk, jy dink jy het niks nodig nie. Maar jy is verkeerd, jy weet nie dat dit baie sleg gaan met jou nie. Mense moet jammer wees vir jou, jy is soos iemand wat arm en blind is en wat nie klere het nie. Ek wil hê jy moet na My toe kom. Dan sal jy by My ware goud koop en jy sal waarlik ryk wees. Ek sal vir jou wit klere gee, en niemand sal jou kaal liggaam sien nie. Ek sal vir jou salf gee om aan jou oë te smeer sodat jy waarlik kan sien. As Ek lief is vir mense, dan straf Ek hulle en Ek leer vir hulle om die regte dinge te doen. Daarom moet jy begin lewe soos Ek wil hê, en jy moet hard werk vir My! Ja, Ek is soos iemand wat by 'n deur staan en klop. As iemand my stem hoor en hy maak die deur oop, dan sal Ek inkom. Ek sal saam met hom eet, en hy sal saam met My eet.
Lees Openbaring 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 3:14-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's