Psalms 139:1-10

Psalms 139:1-10 ABA

Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm. Here, U het tot diep in my gekyk, U ken my baie goed. U weet alles wat ek doen, net U weet dit, U is ver, maar U weet wat ek dink. U weet hoe ver ek loop en hoe lank ek slaap. U weet wat ek doen, oral waar ek gaan. Ja, Here, ek het nog nie begin om iets te sê nie, dan weet U klaar alles wat ek wil sê. U is agter my en U is voor my, U hand beskerm my. Ek verstaan nie hoe U alles weet nie, dit is vir my baie moeilik, ek kan dit nie verstaan nie. Waarnatoe kan ek gaan waar U nie is nie? Waarnatoe kan ek wegvlug van U? As ek opklim na die hemel, dan sal U daar wees. As ek in die doderyk my slaapmat oopgooi en gaan lê, dan sal U dáár ook wees. As ek ver na die ooste vlieg of as ek ver in die weste gaan woon, dan sal U ook dáár vir my lei en my vashou.