Spreuke 5:18-20

Spreuke 5:18-20 ABA

Jou eie fontein se water moet genoeg wees vir jou, dit moet vir jou lekker wees by jou eie vrou. Sy is so pragtig soos 'n takbok, so mooi soos 'n klipbok. Jy moet dit altyd geniet om haar teen jou vas te druk, jy moet vir haar so lief wees dat dit vir jou sal wees soos 'n droom. My seun, hoekom wil jy dom dinge doen by 'n slegte vrou? Hoekom wil jy 'n vrou wat nie jou vrou is nie, omhels en teen jou vasdruk?