Spreuke 17:19-21

Spreuke 17:19-21 ABA

Iemand wat graag ander mense kwaad maak, hou van twis. Wanneer iemand dink dat hy beter is as ander mense, dan sal dit gou sleg gaan met hom. Dit sal nie goed gaan met 'n mens wat vals is nie. As hy ander mense wil bedrieg, dan sal dit sleg gaan met hom. 'n Mens is hartseer wanneer jou kind 'n dwaas is, jy het dan niks waaroor jy bly kan wees nie.