Die Here het vir Moses gesê: “Neem Aäron se kierie en roep die volk bymekaar, jy en jou broer Aäron. Dan moet jy met die rots praat, hulle moet sien dat jy dit doen. Daar sal water uit die rots kom. Jy moet vir hulle die water uit die rots laat kom, sodat hulle en hulle diere kan drink.” Moses het gedoen wat die Here gesê het. Hy het die kierie gaan haal wat voor die verbondskis was, en hy en Aäron het die volk bymekaargeroep voor die rots. Moses het vir hulle gesê: “Julle moet luister, julle wat so opstandig is! Moet ons vir julle water laat kom uit hierdie rots?” En toe lig Moses sy arm op en hy slaan die rots twee maal met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle diere het gedrink. Maar toe sê die Here vir Moses en Aäron: “Julle het nie geglo dat Ek sal doen wat Ek gesê het nie. Julle het nie vir die Israeliete gewys dat Ek die heilige God is nie. Daarom sal julle nie hierdie volk bring in die land wat Ek vir hulle gee nie.” Dit het gebeur by die Meriba-water. Die Israeliete het daar vir die Here beskuldig, en Hy het vir hulle gewys dat Hy die heilige God is.
Lees Numeri 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 20:7-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's