Toe Moses hulle gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk, het hy vir hulle gesê: “Julle moet van hier deur die Suid-land na die berge gaan. Julle moet kyk hoe die land is en of die mense wat in die land woon, sterk of swak is, of hulle min of baie is. Julle moet kyk of dit 'n goeie of 'n slegte land is waarin hulle woon, en of hulle woon in kampe of in stede wat sterk mure het. Julle moet kyk of die grond vrugbaar is of nie, en julle moet kyk of daar bome is of nie. Julle moenie bang wees nie, julle moet van die vrugte in die land saambring wanneer julle terugkom.” Dit was die tyd wanneer die druiwe begin ryp word.
Lees Numeri 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 13:17-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's