Toe Sanballat hoor dat ons die muur bou, het hy baie kwaad geword. Hy was ontsteld en hy het die Judeërs gespot. Die ander amptenare en die leër van Samaria het gehoor wat hy sê. Hy het gesê: “Wat doen die Judeërs? Hulle is swak en beteken niks. Wil hulle alles self regmaak? Wil hulle offer? Wil hulle alles op een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe wat swart gebrand is, onder die hope grond uithaal? Hulle kan nie dit doen nie.” Die Ammoniet Tobija was langs Sanballat, en hy het gesê: “As hulle dit regkry om die muur te bou, dan sal 'n jakkals dit kan omstamp as hy teen die muur spring.” Ek het gebid en gevra: “Ons God, U moet luister hoe spot hulle ons, U moet hulle vyande vir húlle laat spot. U moet hulle gevangenes laat word in 'n ander land. U moet hulle straf, U moenie hulle sonde vergewe nie, nooit nie, want hulle het ons gespot omdat ons die muur bou.” Ons het aangehou om die muur te bou. Die muur was die helfte so hoog soos hy moes wees, en die mense het fluks gewerk.
Lees Nehemia 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 4:1-6
7 Days
Have you ever been so tired or defeated in life that you’ve wanted to throw in the towel and give up? The Bible is full of encouragement to persevere and keep going! This 7-day reading plan will refresh you for the journey ahead.
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's