“Luister wat Ek vir julle sê: 'n Man het saad gaan saai, hy was die saaier. Terwyl hy gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Die voëls het gekom en hulle het die saad opgepik. Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son opkom en warm word, het die plante doodgebrand, omdat dit nie sterk wortels gehad het nie. Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het gegroei en grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei. Die man het daar niks koring afgesny nie. Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het opgekom en gegroei en daar was baie koring. Een plant het 30 maal meer gegee as die saad, 'n ander plant 60 maal meer, en 'n ander plant 100 maal meer.”
Lees Markus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 4:3-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's