“Luister wat Ek vir julle sê: 'n Man het saad gaan saai, hy was die saaier. Terwyl hy gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Die voëls het gekom en hulle het die saad opgepik. Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son opkom en warm word, het die plante doodgebrand, omdat dit nie sterk wortels gehad het nie. Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het gegroei en grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei. Die man het daar niks koring afgesny nie. Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het opgekom en gegroei en daar was baie koring. Een plant het 30 maal meer gegee as die saad, 'n ander plant 60 maal meer, en 'n ander plant 100 maal meer.” Jesus het gesê: “As iemand kan verstaan wat Ek sê, dan moet hy gehoorsaam wees!” Later was Jesus alleen. Die twaalf dissipels en die ander mense by Hom het vir Hom gevra wat die gelykenisse beteken. Jesus het vir hulle gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy die Koning is en dat Hy regeer. Die ander mense wat nie aan My behoort nie, verstaan dit nie.
Lees Markus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 4:3-11
5 Days
The opposite of mastery is mediocrity, and mediocrity is nothing less than a failure of love and a misrepresentation of the image of God. In this Plan, you’ll explore why Christians should have the highest standards of excellence in our work, what we should be looking for in our “one thing,” and how you can achieve mastery of your vocation for the glory of God and the good of others.
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's