Jesus het gekom in die land van die Gadareners anderkant die See van Galilea. Twee mense het na Hom toe gekom. Hulle het duiwels in hulle gehad en hulle het tussen die grafte uitgekom. Hierdie mense was baie gevaarlik, niemand kon op daardie pad loop nie. Skielik het hulle vir Jesus begin skree: “Wat wil U met ons doen, Seun van God? Het U hiernatoe gekom om ons voor die tyd te straf en seer te maak?” 'n Groot klomp varke het daar naby geloop en wei. Die duiwels het aangehou om vir Jesus te soebat en te vra: “As U ons uitjaag uit hierdie twee mense, stuur ons dan asseblief in die klomp varke in.” Jesus sê toe vir hulle: “Ja, gaan!” Die duiwels het uitgegaan uit die twee mense en hulle het in die varke ingegaan. Al die varke het dadelik teen die berg afgehardloop tot binne-in die water en hulle het verdrink.
Lees Matteus 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Matteus 8:28-32
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's