Elke jaar wanneer die Jode Paasfees vier, het die goewerneur een gevangene uit die tronk laat uitkom. Die mense het gekies watter gevangene dit moet wees. In daardie tyd was daar 'n baie slegte gevangene in die tronk. Sy naam was Jesus Barabbas. Daar was 'n groot klomp mense daar bymekaar. Pilatus het vir hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle uit die tronk laat kom: Jesus Barabbas of Jesus vir wie die mense Christus noem?” Die goewerneur het geweet die priesterleiers het Jesus na hom toe gebring omdat hulle jaloers was. Die goewerneur het op die regterstoel gaan sit. Toe het sy vrou vir hom 'n boodskap gestuur en gesê: “Jy moet niks aan daardie onskuldige man doen nie, want ek het in die nag baie swaar gekry, ek het van hom gedroom.” Die priesterleiers en die familieleiers het aangehou om vir die mense te sê hulle moet vra dat Pilatus vir Barabbas uit die tronk moet laat uitkom, en vir Jesus moet laat doodmaak. Die goewerneur vra toe weer vir die mense: “Wie van die twee mense wil julle hê moet ek vir julle uit die tronk laat kom?” En hulle het geantwoord: “Barabbas!” Toe vra Pilatus weer vir hulle: “Wat wil julle hê moet ek doen met Jesus vir wie julle Christus noem?” Die mense het almal gesê: “ Kruisig hom!” Pilatus het gevra: “Wat het hy verkeerd gedoen?” Maar die mense het aangehou om baie hard te skree: “Kruisig hom!” Pilatus sien toe dat alles wat hy doen, niks help nie. Die mense het nog meer kwaad geword en hulle het geskree en geraas. Pilatus neem toe water en hy was sy hande sodat al die mense dit kan sien, en hy sê: “Ek is onskuldig as hierdie man moet sterf. Dit is júlle wat besluit hy moet sterf.” En al die mense het gesê: “Ja, dit is ons en ons nageslag wat skuldig sal wees as hy sterf.” Toe het Pilatus vir Barabbas uit die tronk laat kom, hy het gedoen wat die mense gevra het. Hy het vir Jesus met 'n sweep laat slaan en hy het Hom vir die soldate gegee sodat hulle Hom kon kruisig. Die soldate het Jesus na die goewerneur se huis geneem. Hulle het al die ander soldate geroep om saam te gaan. Hulle het Jesus se klere uitgetrek en hulle het 'n pers bo-kleed om Hom gehang. Hulle het 'n kroon van doringtakke gevleg en hulle het dit op sy kop gesit. Hulle het 'n dik riet in sy regter-hand gesit. Die soldate het voor Hom gekniel en Hom gespot en gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en hulle het die riet geneem en aangehou om Jesus daarmee op sy kop te slaan. Nadat hulle Jesus klaar gespot het, het hulle die pers bo-kleed uitgetrek en hulle het Jesus se eie klere vir Hom aangetrek. Die soldate het Jesus weggeneem sodat hulle Hom kon kruisig.
Lees Matteus 27
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 27:15-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's