Toe dit aand geword het, het Jesus saam met die twaalf dissipels by die tafel gesit en hulle was besig om te eet. Toe sê Jesus: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Een van julle sal My verraai.” Die dissipels was baie geskok en hartseer. Elke dissipel begin toe om vir Jesus te vra: “Here, is dit ek?” Jesus het vir hulle gesê: “Die een wat sy brood saam met My in die sous druk, daardie een sal My verraai. Ek, die Seun van die mens, sal sterf soos die profete oor My geskryf het. Maar daardie man wat My verraai, sal baie swaar kry. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.” Judas, die een wat vir Jesus verraai het, vra toe vir Jesus: “Meneer, is dit ek?” Jesus sê toe vir hom: “Jy sê dit self.” Jesus het brood geneem terwyl hulle geëet het en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het die brood in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee. Hy het gesê: “Neem die brood en eet dit. Dit is my liggaam.” Jesus het ook 'n beker wyn geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Toe gee Hy dit vir sy dissipels en sê: “Drink almal daarvan. Die wyn in hierdie beker is my bloed. My bloed is die bloed van die verbond. My bloed sal vir baie mense vloei sodat God hulle sondes kan vergewe. Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink nie tot daardie dag wanneer Ek saam met julle nuwe wyn sal drink by my Vader wat Koning is.”
Lees Matteus 26
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Matteus 26:20-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's