Matteus 22:34-39

Matteus 22:34-39 ABA

Die Fariseërs het gehoor Jesus het die Sadduseërs so goed geantwoord dat die Sadduseërs nie geweet het wat om nog te vra nie. Die Fariseërs het toe bymekaargekom. Een van hulle wat die Joodse wette goed geken het, wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee. Hy het vir Jesus gevra: “Wat is die belangrikste wet van die Here?” Jesus het vir hom gesê: “ ‘ Jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste wet. Die tweede wet is net so belangrik. Dit is: ‘ Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid