Matteus 2:22-23

Matteus 2:22-23 ABA

Maar Josef het gehoor Argelaos was die nuwe koning van die provinsie Judea. Argelaos was koning ná sy pa Herodes. Josef was toe bang om na Judea te gaan. Die Here het vir Josef in 'n droom gewaarsku, en daarom het Josef uit Egipte na die provinsie Galilea gegaan. Josef het gaan woon in die stad Nasaret. So het gebeur wat die profete gesê het: “Die mense sal Jesus 'n ‘Nasarener’ noem.”