Matteus 19:3-9

Matteus 19:3-9 ABA

Daar het Fariseërs na Jesus toe gekom. Hulle wou hê Jesus moes iets sê wat vir Hom probleme kan gee. Hulle het vir Hom gevra: “Mag 'n man skei van sy vrou as hy dink sy het iets verkeerd gedoen, dit maak nie saak wat dit is nie?” Jesus het hulle geantwoord: “Julle het gelees dat God wat in die begin alles gemaak het, die mense so gemaak het dat hulle mans en vroue is. God het toe gesê: “ Daarom sal 'n man weggaan van sy pa en sy ma en hy sal saam met sy vrou lewe. Hulle twee sal soos een mens wees. “Daarom is hulle nie meer twee mense nie, maar een. As God 'n man en 'n vrou saamgebind het, dan mag hulle nie skei nie.” Die Fariseërs vra toe vir Jesus: “ Maar Moses het 'n wet gemaak dat 'n man vir sy vrou 'n skeibrief moet gee wanneer hy van haar skei. Hoekom het hy dit gedoen?” Jesus het hulle geantwoord: “Dit is omdat julle so hardkoppig is. Daarom het Moses gesê julle mag van julle vroue skei. Maar in die begin toe God die mense gemaak het, was dit nie so nie. Ek sê vir julle: As 'n man van sy vrou skei, en met 'n ander vrou trou, dan pleeg hy egbreuk. 'n Man kan net van sy vrou skei as sy seks gehad het met 'n ander man.”

Video for Matteus 19:3-9