Matteus 13:44-46

Matteus 13:44-46 ABA

Jesus het ook gesê: “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit soos wanneer iemand sy duur goed in die veld begrawe het. Eendag het 'n ander man die goed gekry. Hy het dit dadelik weer toegemaak. Hy was baie bly, en daarom het hy weggegaan en alles verkoop wat hy gehad het. Toe het hy daardie stuk grond gaan koop. “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer 'n man duur pêrels gesoek het en dit wou koop. Toe hy 'n baie duur pêrel sien, het hy alles verkoop wat hy gehad het en toe het hy die pêrel gaan koop.”