Jesus het vir hulle baie dinge geleer, Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Hy het gesê: “'n Man het saad gaan saai, hy was die saaier. Toe hy die saad gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Die voëls het gekom en hulle het daardie saad opgepik. “Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son opkom en warm word, het die plante doodgebrand, omdat dit nie sterk wortels gehad het nie. “Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei. “Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het gegroei en daar was baie koring. Een plant het 100 maal meer gegee as die saad, 'n ander plant het 60 maal meer gegee, en 'n ander plant 30 maal meer. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”
Lees Matteus 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 13:3-9
4 Days
Have you ever wanted to get inside the mind of a pastor? Well, here’s your chance! The founding and senior pastor of Life.Church, Craig Groeschel, gives us an inside look at his daily routine as he reads through the last four verses he highlighted in his Bible. Allow your mind to be renewed as you read these Scriptures along with him, and find out why he chose to highlight them in the first place.
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.
5 Days
Have you ever asked yourself, “Why am I still wrestling with that sin?” Even the apostle Paul said as much in Romans 7:15: “I do not do what I want, but I do the very thing I hate.” How do we stop sin from stopping our spiritual lives? Is it even possible? Let’s discuss sin, temptation, Satan, and, thankfully, God’s love.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's