Matteus 11:16-19

Matteus 11:16-19 ABA

“Wat kan Ek sê van die mense wat vandag lewe? Hulle is soos kinders wat op die oop stuk grond in die stad sit. Party kinders sê: “ ‘Ons het vir julle trou-musiek op die fluit gespeel, maar julle wou nie dans nie.’ “En die ander kinders sê: “ ‘Ons het vir julle 'n begrafnis-lied gesing, maar julle wou nie huil nie.’ “So doen die mense met Johannes en met My. Hulle is nooit tevrede nie. Toe Johannes hier was, het hy nie feesgevier nie. Toe sê die mense: ‘Daar is 'n duiwel in hom.’ Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê die mense: ‘Hy is 'n vraat en 'n dronklap. Hy is 'n vriend van tollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’ Die dinge wat Ek en Johannes doen, wys dat ons van God kom. Mense wat in ons glo, weet regtig wat die wysheid van God is.”

Video vir Matteus 11:16-19

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 11:16-19