Matteus 11:1-6

Matteus 11:1-6 ABA

Toe Jesus klaar met sy twaalf dissipels gepraat het en vir hulle gesê het wat hulle moet doen, het Hy van daar na die stede in Galilea gegaan om vir die mense te leer en vir hulle te preek. Johannes die Doper was toe in die tronk en hy het gehoor wat Christus alles gedoen het. Johannes het 'n paar van sy dissipels na Jesus toe gestuur om vir Hom te vra: “Is U die Christus wat moes kom? Of moet ons vir 'n ander Een wag?” Jesus het vir hulle gesê: “Gaan terug na Johannes toe en vertel vir hom wat julle gehoor en gesien het. Sê vir hom: Blinde mense kan nou sien, kreupel mense kan nou loop, melaatse mense is gesond, dowe mense kan nou hoor, mense wat gesterf het, lewe weer, en arm mense hoor die goeie boodskap dat Jesus die Christus is. En God sal mense seën wat nie twyfel nie en wat aanhou om in My te glo.”

Video vir Matteus 11:1-6

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 11:1-6