Die mense het toe met mekaar gepraat en gevra of Johannes miskien die Christus is. Johannes het vir almal gesê: “Ek doop julle met water, maar later sal Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Hy sal nou die mense oordeel. Dit sal wees soos wanneer iemand 'n vurk neem om die koring en die kaf op sy dorsvloer van mekaar te skei. Hy maak die koring bymekaar en bêre dit in sy stoorkamer, en Hy verbrand die kaf. Die oordeel van God sal wees soos 'n vuur wat nie ophou brand nie.” Johannes het aangehou om die mense oor baie dinge te waarsku, en so het hy die goeie boodskap vir hulle gebring.
Lees Lukas 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 3:15-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's