Die apostels was nog besig om oor hierdie dinge te praat, toe het Jesus tussen hulle gestaan en vir hulle gesê: “God sal vir julle vrede gee.” Hulle het groot geskrik, hulle het gedink hulle sien 'n spook. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Hoekom skrik julle so? En hoekom glo julle nie wat julle sien nie? Kyk na my hande en my voete. Julle sal sien dit is Ek. Kom raak aan My, julle sal sien Ek het 'n liggaam, 'n spook het nie vleis en been nie.” Jesus het dit gesê, en Hy het sy hande en sy voete vir hulle gewys. Hulle was bly maar hulle kon nie glo wat hulle sien nie en hulle het nie geweet wat om te sê nie. Toe vra Jesus vir hulle: “Het julle hier iets wat Ek kan eet?” Hulle het vir Hom 'n stuk gaar vis gegee. Jesus het dit geneem en hulle het gekyk terwyl Hy dit eet. Daarna het Jesus vir hulle gesê: “Onthou julle wat Ek gesê het voor Ek gesterf het en weer begin lewe het? Ek het toe vir julle gesê dat alles waar moet word wat in die boeke van Moses geskryf is oor My, en ook in die boeke van die profete en in die boek Psalms.” Toe het Jesus vir hulle gesê hoe hulle die Bybel moet verstaan. Hy het vir hulle gesê: “Daar is in die Ou Testament geskryf dat die Christus sal swaarkry en dat Hy op die derde dag weer sal begin lewe. Daar is geskryf dat die mense wat in God glo, vir al die volke moet vertel dat God mense se sondes vergewe as hulle in Christus glo en as hulle verander en lewe soos God wil hê. Julle moet in Jerusalem begin en vir die mense vertel wat julle van My gesien en gehoor het.
Lees Lukas 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 24:36-48
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's