Baie vroeg die Sondag-oggend het die vroue na die graf gegaan. Hulle het lekkerruik-olie gereedgemaak en hulle het dit saamgeneem. By die graf het hulle gesien iemand het die klip voor die graf weggerol. Hulle gaan toe by die graf in, maar sien nie die liggaam van die Here Jesus daar binne nie. Die vroue was baie verbaas daaroor. Skielik het daar twee mans by hulle gestaan, die mans het blink klere aangehad. Die vroue het bang geword en hulle het laag gebuig. Toe sê die mans vir hulle: “Hoekom soek julle die Een wat lewe by die mense wat dood is? Jesus is nie hier nie, God het Hom weer laat lewe. Onthou julle wat Jesus vir julle vertel het toe julle nog in Galilea was? Hy het gesê God sal Hom, die Seun van die mens, vir sondige mense gee om dood te maak, hulle sal Hom kruisig, maar Hy sal op die derde dag weer lewe.” Die vroue het toe onthou dat Jesus dit gesê het.
Lees Lukas 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 24:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's