Daar het 'n man gewoon, sy naam was Saggeus. Hy was die hoof van die tollenaars en hy was 'n ryk man. Hy wou graag vir Jesus sien, hy wou sien wie Hy is. Maar omdat daar so baie mense was, kon Saggeus nie vir Jesus sien nie, want Saggeus was 'n kort mannetjie. Toe het Saggeus verder op die pad gehardloop en hy het in 'n wildevye-boom geklim sodat hy vir Jesus kon sien, want Jesus moes daar verbyloop. Toe Jesus by die boom kom, het Hy opgekyk en Hy het vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim gou af, want Ek moet vandag in jou huis bly.” Saggeus het gou afgeklim en hy het vir Jesus in sy huis ingenooi. Saggeus was baie bly dat Jesus in sy huis wou bly. Maar almal wat dit gesien het, was ontevrede. Hulle het gesê: “Jesus het by 'n sondige man se huis ingegaan om daar te bly.” Saggeus het voor Jesus gaan staan en gesê: “Here, ek belowe ek sal die helfte van alles wat ek het, vir die arm mense gee. En as ek te veel geld van iemand gevat het, sal ek vier maal meer teruggee.” Jesus sê toe vir Saggeus en vir almal wat ontevrede was: “Vandag het God die mense in hierdie huis gered, want Saggeus is ook van die nageslag van Abraham. Ek, die Seun van die mens, het gekom om almal wat verlore is, te soek en te red.”
Lees Lukas 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 19:2-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's