Toe Jesus naby die stad Jerigo kom, was daar 'n blinde man wat langs die pad gesit en bedel het. Die blinde man het gehoor toe baie mense daar verbygaan, en hy het gevra wat daar gebeur. Hulle het vir hom gesê dit is Jesus van Nasaret wat verbygaan. Toe begin die blinde man skree: “Jesus, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!” Die mense wat voor geloop het, het met hom geraas en gesê hy moet stilbly, maar hy het aangehou en nog harder geskree: “Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!” Jesus het gaan staan en Hy het gesê hulle moet die blinde man na Hom toe bring. Toe die man nader kom, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En die blinde man antwoord: “Meneer, ek wil sien!” Jesus het vir hom gesê: “Kyk, jy sien nou! Jy sien, want jy het geglo.”
Lees Lukas 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 18:35-42
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's