Lukas 15:28-30

Lukas 15:28-30 ABA

Toe word die oudste seun baie kwaad en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa het uitgekom en hy het vir die seun gesoebat om in te gaan. Hy het vir sy pa gesê: ‘Luister, Pa, ek werk al so baie jare vir jou en ek was nog altyd gehoorsaam, maar jy het nooit vir my 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. Maar hierdie seun van jou het al jou goed by prostitute uitgemors, en toe hy hier aankom, toe slag jy vir hóm die kalf wat jy vetgemaak het!’

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 15:28-30