Lukas 10:1-2

Lukas 10:1-2 ABA

Jesus het nog 72 ander dissipels gekies. Hy het hulle twee-twee voor Hom gestuur na al die stede en plekke waarnatoe Hy self later wou gaan. Jesus sê toe vir die 72 dissipels: “Daar is baie ryp koring om af te sny, maar daar is baie min werkers wat kan help om dit te doen. Die ryp koring is die mense wat aan die Here behoort. Julle moet bid tot Hom, en julle moet vra dat Hy werkers sal stuur om sy ryp koring af te sny.