Lukas 1:63-71

Lukas 1:63-71 ABA

Sagaria het gesê hulle moet vir hom 'n skryfbordjie gee en hy het daarop geskryf: “Sy naam is Johannes.” Almal was verbaas. Sagaria kon dadelik weer praat, en hy het God geprys. Al die mense wat daar naby gewoon het, was verbaas en bang. Al die mense het gepraat oor alles wat gebeur het, ook die mense wat in die berge in die provinsie Judea gewoon het. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor gedink en gesê: “Ons wonder wat sal hierdie seuntjie eendag doen.” Almal kon sien die Here was by Johannes. Die Heilige Gees het gekom in Sagaria, Johannes se pa. Sagaria het gepraat soos die profete en hy het gesê: Ons prys die Here, die God van Israel, want Hy het na sy volk toe gekom en Hy het hulle vrygemaak. Hy het vir ons 'n sterk Redder gestuur, 'n Man van die nageslag van koning Dawid, sy dienaar. Die Here het belowe Hy sal dit doen. Sy gewyde profete het dit lank gelede gesê. Die Here red ons van ons vyande en van die mense wat vir ons haat.

Video for Lukas 1:63-71