Levitikus 7:11-15

Levitikus 7:11-15 ABA

“En dit is hoe iemand vir die Here 'n ete-offer moet bring: As hy offer om vir die Here dankie te sê, dan moet hy saam met die dank-offer ook ongesuurde rondebrood van meel offer. Hy moet dit meng met olyf-olie, ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het, en rondebrood van die beste meel wat hy gemeng het met olyf-olie. Saam met die dank-offer, sy ete-offer, moet hy ook 'n offer bring van rondebrood wat hy met suurdeeg gebak het. Hy moet 'n deel van alles wat hy offer, vir die Here present gee. Die priester wat die bloed van die ete-offers sprinkel, moet dit kry. Die persoon wat die offer bring en sy mense moet die vleis vir die dank-offer, die ete-offer, op-eet op die dag wanneer hy dit bring. Daar mag niks oorbly tot die volgende dag nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid