Klaagliedere 3:17-24
Klaagliedere 3:17-24 ABA
Daar is niks vrede in my lewe nie, ek weet nie meer hoe dit voel wanneer dit goed gaan nie. En ek sê: Ek twyfel oor alles, ek hoop nie meer dat die Here my sal my help nie. Here, U moet onthou dat ek swaarkry, en dat ek nêrens 'n plek het waar ek kan woon nie. Wanneer ek daaraan dink, dan is dit vir my soos wilde-als en gif. Wanneer ek daaraan dink en dink, dan word ek moedeloos. Een ding weet ek, en dit is seker, en daarom sal ek aanhou hoop: Die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy is altyd jammer vir mense wat swaarkry. Here, U doen dit elke nuwe oggend, U bly altyd dieselfde. Ek sê: Die Here is alles wat ek het, daarom sal ek aanhou hoop.




