Judas 1:9-10

Judas 1:9-10 ABA

Maar Migael, die groot engel, het nie dieselfde gedoen nie. Migael het met die duiwel gestry en getwis oor wie die liggaam van Moses mag kry. Migael het toe nie self slegte dinge gesê van die duiwel nie en hy het nie die duiwel ge-oordeel nie. Nee, Migael het vir die duiwel gesê: “ Die Here sal jou straf!” Maar hierdie mense wat nie die Here dien nie, sê slegte dinge van almal en alles wat hulle nie verstaan nie. Hulle verstaan party dinge, maar hulle verstaan soos wilde diere wat nie verstand het nie, en dit is daardie dinge wat hulle sal laat sterf.