Josua 5:10-12

Josua 5:10-12 ABA

Die Israeliete het die Paasfees gevier terwyl hulle in die kamp by Gilgal was, in die Jordaan-vallei naby Jerigo. Dit was op die aand van die veertiende dag van die maand. Die dag ná die Paasfees het hulle die eerste maal kos geëet van daardie land. Dit was ongesuurde brood en gebraaide koring. Daar het nie meer manna uit die hemel geval nie. Dit het opgehou val van die dag toe hulle kos van die land Kanaän geëet het. Die Israeliete het nie weer manna gekry nie. Hulle het daardie jaar kos geëet wat in daardie land gegroei het.

Video vir Josua 5:10-12

Gratis leesplanne en oordenkings oor Josua 5:10-12