Josua het al die stamme van Israel laat bymekaarkom by die stad Sigem. Hy het die leiers, die hoofde, die regters en die voormanne geroep, en hulle het voor God kom staan. Josua het toe vir die hele volk gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Julle voorvaders het lank gelede anderkant die Eufraat-rivier gewoon. Dit was Tera en sy seuns Abraham en Nahor. En hulle het ander gode gedien. Ek het toe julle voorvader Abraham weggeneem van anderkant die Eufraat-rivier en Ek het hom deur die hele land Kanaän laat gaan. Ek het sy nageslag baie laat word. Ek het vir hom 'n seun gegee, sy naam was Isak, En Ek het vir Isak seuns gegee, hulle name was Jakob en Esau. Ek het die Seïr-berge vir Esau gegee sodat hy dit vir homself kon vat, en Jakob en sy seuns het na Egipte gegaan.
Lees Josua 24
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Josua 24:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's