Job 1:20-22

Job 1:20-22 ABA

Job het opgestaan en hy het sy bo-kleed geskeur en sy hare afgeskeer. Hy het gaan lê met sy gesig teen die grond en hy het gesê: “Ek het niks gehad toe ek gebore is nie en ek sal niks hê wanneer ek sterf nie. Die Here het gegee en die Here het geneem. Ek prys die Naam van die Here!” Terwyl dit alles gebeur het, het Job nie sonde gedoen nie, hy het nie gesê dat God iets verkeerd gedoen het nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid