Jesus het toe na baie plekke in die provinsie Galilea gegaan. Hy wou nie na die provinsie Judea gaan nie, want die Jode wou Hom daar doodmaak. Die Jode se Hutte-fees was naby. Jesus se broers het vir Hom gesê: “Jy moet hier weggaan en na Judea gaan. Dan kan jou dissipels die wonderwerke sien wat jy doen. Dit help nie 'n mens doen iets waar niemand dit kan sien nie, want dan moet jy nie dink almal sal weet van jou nie. Wanneer jy hierdie wonderwerke doen, moet jy dit só doen dat al die mense kan sien dit is jý wat dit doen.” Jesus se broers het nie in Hom geglo nie. Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is nog nie my tyd nie. Julle doen met julle tyd wat julle wil. Die mense van die wêreld kan julle nie haat nie, maar hulle haat My, want Ek sê hulle doen slegte dinge. Julle kan na die fees gaan. Ek gaan nie na die fees nie, want dit is nog nie my tyd nie.” Nadat Jesus dit alles vir sy broers gesê het, het Hy in die provinsie Galilea gebly. Jesus se broers het na die fees gegaan. Later het Jesus self ook na die fees gegaan, maar die mense het dit nie geweet nie. Daar by die fees het die Jode na Jesus gesoek. Hulle het gevra: “Waar is daardie man?” Die mense het baie oor Jesus gepraat. Party mense het gesê: “Jesus is 'n goeie man.” Ander mense het gesê: “Nee, hy lieg vir die mense.” Die mense het nie hard gesê wat hulle van Jesus dink nie, hulle wou nie hê die Jode moet dit hoor nie, want hulle was bang vir die Jode.
Lees Johannes 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 7:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's