Johannes 21:15-17

Johannes 21:15-17 ABA

Toe die dissipels klaar oggend-ete geëet het, sê Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My, meer as die ander dissipels?” Petrus het gesê: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy my skape laat wei, jy moet sorg vir my mense.” Jesus het die tweede maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?” Petrus sê vir Hom: “Ja, Here, U weet ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy 'n herder wees vir my mense.” Jesus het die derde maal vir Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir My?” Petrus het baie hartseer geword omdat Jesus die derde maal vir hom gevra het of hy lief is vir Hom. Hy sê toe vir Jesus: “Here, U weet alles! U weet Ek is lief vir U!” Jesus sê toe vir hom: “Dan moet jy sorg vir my mense.