Johannes 11:20-27

Johannes 11:20-27 ABA

Toe Marta hoor dat Jesus kom, gaan sy na Hom toe om Hom te verwelkom. Maria het in die huis bly sit. Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U hier was, dan het my broer nie gesterf nie, maar ek weet dat God ook nou vir U alles sal doen wat U vir Hom vra.” Jesus het vir haar gesê: “Jou broer sal weer lewe.” Marta sê toe vir Jesus: “Ek weet hy sal weer lewe op die laaste dag wanneer God al die mense wat dood is, weer sal laat lewe.” Jesus het vir haar gesê: “Ek laat mense lewe, Ek laat hulle vir altyd lewe. Mense wat in My glo en sterf, sal lewe. Almal wat lewe en wat in My glo, sal nie dood bly nie. Glo jy wat Ek vir jou sê?” Marta het vir Hom gesê: “Ja, Here, ek glo U is die Christus, die Seun van God. Ek glo U is die Een, God het U na die wêreld gestuur.”