Jeremia het gehoor die Here sê vir hom: “Jy moet hoor wat Ek gesê het toe Ek 'n verbond gemaak het met die Israeliete, en jy moet dit sê vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon. Jy moet vir hulle sê: Die Here, die God van Israel, sê: Ek vervloek die man wat nie gehoorsaam is aan wat Ek gesê het toe Ek met julle voorvaders 'n verbond gemaak het nie. Dit het in Egipte baie sleg gegaan met julle voorvaders, en Ek het hulle uit Egipte gebring. Ek het vir hulle gesê: Julle moet gehoorsaam wees aan My en julle moet alles doen wat Ek vir julle sê. Dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees. En dan sal Ek aanhou doen wat Ek vir julle voorvaders belowe het. Ek het gesê Ek sal vir hulle 'n land gee waar daar baie melk en heuning is, en julle het vandag so 'n land.” Ek, Jeremia, het geantwoord: “Amen, Here.” Toe sê die Here vir my: “Gaan praat met die mense in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem. Jy moet vir hulle sê: Julle moet gehoorsaam wees en doen wat Ek gesê het toe Ek 'n verbond gemaak het met julle voorvaders. “Vandat Ek julle voorvaders uit Egipte gebring het tot vandag toe het Ek aangehou om vir julle te sê: Julle moet gehoorsaam wees aan My. Maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie. Julle was hardkoppig en het aangehou lewe soos julle slegte harte vir julle gesê het. Daarom het Ek met julle laat gebeur wat Ek gesê het toe Ek die verbond gemaak het met julle voorvaders. Julle het nie gedoen wat Ek gesê het julle moet doen nie.”
Lees Jeremia 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jeremia 11:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's